|
Sake Met Summit - 08 March 2010 |
|
|
Onthou om enige vrae of kommentaar te stuur na sakemetsummit@summit.co.za; of jy kan sake spasie en jou boodskap teks na 33814. Ons wil graag van ons kykers hoor.
Any comments or suggestions? Contact show producer:
Jane van Renen - jane@summit.co.za
ABOUT THE SHOW
Die finansiële- en sakenuus-televisiekanaal Summit TV het in September 2007 ’n daaglikse Afrikaanse program “Sake met Summit” geloods wat tussen 18:00 en 18:30 uitgesaai word en behels ‘n diepgaande ondersoek na die dag se finansiële en sakenuus gebeure.. Summit TV, wat op DSTV-kanaal 412 uitgesaai word, is gemik op hoë netto-waarde individue en spog met ’n weeklikse kykerstal van nagenoeg 200 000. Die besluit om die aandag op die Afrikaanse gehoor te vestig, is ’n dramatiese een vir dié onderneming. Die skuif is egter ’n uitvloeisel van die radikale veranderinge wat Summit TV se programmering die afgelope ses maande ondergaan het. Die nuwe Afrikaanse program vul ’n groot leemte in die finansiële uitsaaimedia: “Sake met Summit” is die eerste gereelde daaglikse Afrikaanse program op ’n finansiëletelevisie-kanaal. Die program bied die vele Afrikaanssprekende finansiële deskundiges en maatskappyhoofde wat gereeld op Summit TV verskyn, die geleentheid om in hul moedertaal te praat. Die nuwe program komplimenteer “Op die Keper”, Summit TV se bestaande weeklikse Afrikaanse program, wat ook in 2007 geloods is. Die ekonoom en media-persoonlikheid Dawie Roodt is die aanbieder van dié program, wat Vrydae tussen 18:10 en 18:40 uitgesaai word. “Sake met Summit” word elke Maandag tot Donderdag regstreeks uitgesaai. Erika van der Merwe en Ewald Muller is die aanbieders en saai alreeds drie jaar lank aan groot Afrikaanse gehoor uit. Van der Merwe is ’n finansiële joernalis en Muller ’n geoktrooieerde rekenmeester. “Sake met Summit” voer met gesoute beleggers sowel as maatskappyhoofde onderhoude en ondersoek die dag se finansiële en sakegebeure.
BROADCAST TIMES
Mondays - Thursday 18:05
|
MORE VIDEOS
Face 2 Face
Roffey Review
Stock Pick
Stock Watch
You and Your Money
Summit Investor
Summit Survey
Intellectual Property
CSI: The Bottom Line
Health Watch
Tax Issues
Sake Met Summit
Op Die Keper
|
|
|
|
|
Summit Television, a division of the African Business Channel (Pty) Limited, disclaims all liability for any loss,
damage, injury or expense however caused, arising from the use of or reliance upon, in any manner,
the information provided through this service and does not warrant the truth,
accuracy or
completeness of the information provided. � Summit Television 2009.
Use of our web site material in any form is prohibited without writtten permission. Usage requests: webadmin@summit.co.za |